Ons groep is op verdeel in twee groepe van nege. Ons het dit so in verdeel sodat elke groep elke tweede naweek moet werk. Naweke werk elkeen op 'n ander plek soos bv. die cruisers, trekker game drives en by die stappe. Sodra jy klaar is met jou gegewe taak het jy PH (personal helper) werk gaan doen- soos om die kids te intertaine. Die vakansie het ons dit ook gedoen en Donderdae aande het ons 'n staffkabery gehad, waar die staaf 'n onvoorbereide opvoering vir die gaste lewer.
Tuesday, May 26, 2009
Weekends and holidays
Ons groep is op verdeel in twee groepe van nege. Ons het dit so in verdeel sodat elke groep elke tweede naweek moet werk. Naweke werk elkeen op 'n ander plek soos bv. die cruisers, trekker game drives en by die stappe. Sodra jy klaar is met jou gegewe taak het jy PH (personal helper) werk gaan doen- soos om die kids te intertaine. Die vakansie het ons dit ook gedoen en Donderdae aande het ons 'n staffkabery gehad, waar die staaf 'n onvoorbereide opvoering vir die gaste lewer.
Wednesday, May 13, 2009
ASSESSERING
Na al die harde werk het diè dag uit eindelik aan gebreuk wat ons, ons self moes bewys het. Dit het egter erger geklink as wat dit werklik was. Cobus het ons goed voorberei en ons regtig kalm gehou voor en gedurende die stap. Ons het almal goed deur gekom, sommiges moet net een of twee take in handig, maar verder het dit goed gegaan. Die laastes het vandag klaar gemaak en ons gaan vandag met die volgende hoofstuk begin: Animal Care.
Kan nie wag nie, al hoewel daar baie reëls is wat geleer moet word.
Kan nie wag nie, al hoewel daar baie reëls is wat geleer moet word.
Geology
In die week het ons meer geleer oor die tipe sande en klippe wat mens kry en hoe elk gevorm word. Mens kry 3 tipes nl. Igneous, Sedimentary and Metamorphic. Elkeen met sy eie spesifieke gebruike in vandag se leef style. Alle klippe en sande is egter gevorm deur 'n vulkaan wat die een of ander tyd ontplof het. Ons het ook baie klippe gekry wat al gebruik is deur vorige bewoners van Sondela soos bv. die San wat vroeër jare hier gebly het. Aan die begin het ek dit moeilik gevind om te vang wat aan gaan, maar na nadere self studie eventually gevang wat hul bedoel.
Tuesday, May 12, 2009
Astronomy
Ons het vir die vak na die Planetarium in JHB toe gegaan. Daar het ons van die sterre stelsels geleer en later in die week is daar ons verduidelik hoe om jou rigting te hou in die bos deur behulp van die Suider Kruis in die aande, of deur die dag met 'n horlosie en die son. Daar is ook vir ons baie verskillende stories vertel oor die sterre wat mens vir die gaste kan vertel, veral om die kamp vuur.
Weather and Climate


Ons het kort nadat ons van Tamboekie af gekom het met weer en klimaat begin. Hier het ons meer oor die wolke, reën, koue en warm fronte geleer. Daar is ook vir ons geleer hoe om met behulp van die wolke, son opkoms en sonsak te bepaal hoe die weer vir die dag sal wees. Dit was baie interessant en ons kan nou ook bepaal waar om gaste heen te vat vir die dag, sonder om veras te word met onaangenaamde weer.
Tamboekie
Ons het 3 dae op 'n stap tog gegaan na Tamboekie toe, waar ons 2 nagte oor geslaap het onder die sterre. Dit was ons pre-assessment waar ons as toergidse moes optree. Daar is ook vir ons vertel hoe mens by 'n kamp vuur moet optree en wat jy moet doen as jy 'n groep mense vat om te gaan kamp. Soos bv. Fire watch en hoe om te sorg vir genoeg warm water en hoe om dit aan genaam te maak vir die gaste. Die 3 dae het ons as groep ook gehegter gemaak aan mekaar en ons geleer dat ons mekaar nodig het in sulke omstandighede. Ons het ook die deel van Sondela verken gedurende die dag. Ons het die eerste aand van die managers geintertaine en die tweede aand meer oor die sterre geleer. Dit was regtig baie lekker!!!!!!!!!
Arachnida
In die week het ons Spinnekoppe en Scorpions behandel. Daar is vir ons die 5 giftige spinnekoppe in S.A. gewys. By die Skerpoeiene het Cobus vir ons verduidelik dat die met 'n dik stert giftig is en dhul het ook baie kleiner knypers as die non-venomous. Hulle het weer kleiner sterte en groter knypers.
Amphibians
Na insekte het ons van paddas(frogs) en skurwepaddas(toads) geleer. Ons het van hul velle, calls, voetstruktuur en eet gewoontes geleer. Ons het ook op een van ons stappe 2 van hulle gekry onder 'n klip.
Insekte
In die week het ons oor die kleiner diere, wat niemand ooit regtig raak sien of van weet nie, geleer. Ek het ook meer oor selfs die termiete en bye geleer, oor hoe hul te werke gaan om kos te kry en hul self te beskerm. Ons het in die week die insekte gepreserve deur hul in houers te plaas en met formalien in te spuit of in die houer te gooi. Dit het baie gehelp om hulle te kan identifiseer later. Dit was vir my bietjie wreed om vir Lucian en Wayne te preserveer, hulle was die 2 insekte wat ek gekry het toe ons moes gaan soek het vir hulle. Ons groep het ook nou al teen die tyd nader aan mekaar gekom en goeie vriende begin raak.
Monday, May 11, 2009
Reptiles
Ek het in die week gedink dat ek dit nie sou geniet het nie, omrede ek baie bang is vir slange! Maar ek het gou uitgevind dat hul eindlik baie uniek en spesiaal is elkeen met sy eie geaardheid en baie uniek liggaams struktuur. Ons het ook geleer wat om te verwag as jou paaie met 'n slang kruis. Wat om te doen en hoe om die verskillende slang byte te hanteer. Ons het ook meer geleer oor Skilpaaie, Krokodille, Lizards en selfs oor die Verkleurmannetjie. Met ons weeklikse assesseering het ons om 'n 'kamp vuur' gesit en oor als gepraat, mekaar ook vra gevrae.
Birds
Ons het in die week oor voëls geleer, oor hul voet strukture, neste, eet gewoontes en waarna mens kyk om hul uit mekaar te identifiseer. Om eerlik te wees, ek het dit baie ingewikkeld gevind om rede ons nie regtig fisies na hul kon kyk soos met die grasse en bome nie. Mens kry net 'n paar sekondes om na hul te kyk voor hul weg vlieg.maar weer eens was ek verstom oor die aantal verskillende species wat in S.A. te vinde is.
Mammals


Ons het in ons derde week hier mammals hanteer. Ons het nie regtig in diepte in gegaan oor elke mammal nie, maar oor hul eet gewoontes, voet strukture, ens. geleer. Ek het ongelooflik baie oor die diere geleer toe ek naweke gewerk het en saam die toergidse op Sondela gegaan het. Ek het ook toe gesien wat mense will hoor op 'n game drive en wat nie, sowel as die tipe vra wat hul mens vra.
Bome
In ons derde week het ons van bome geleer. Al die gebruike en mediesinale gebruike by elkeen is vir ons gegee en ook die kulturele gelowe en gebruike. Daar is vir ons gewys dat jy tussen bome kan uitken deur na hul stamme, blare en die groei te kyk. Die klasse het ook terug gegaan na die voriges deur die feit dat verskillende bome en grasse in verskillende areas groei.
Grasse
Die tweede week van klas het ons oor grasse geleer, ek sou nooit kon dink dat daar so baie verskillende gras soorte was op een spesifieke plek nie. Elkeen nogal met sy eie grazing value en succession status. Ons het baie in die veld gestap opsoek na hulle en deur net na hul sade te kyk kan mens hul uit identifiseer. Ons het ook oor die struktuur van die grasse geleer en watse wild watse tipe gras voorkeur gee. Daar is aan ons verduidelik hoe grasse voort plant en watse proses gevolg moet word daarvoor.
Ecology

Ons het die eerste week oor Ekologie geller en gesien waar pas als in die natuur in. Dat elke ding sy eie spesiale plekkie het onder die son en dat een organisme nie sonder 'n ander kan voort leef nie. Ek het selfs meer geleer oor iets so klein soos 'n ou stuk hout wat net in die veld lê. Dit was alles baie interresant en ons fasuliteerder het alle moontlike kennis aan ons op 'n baie maklike en interresante manier oor gedra en selfs persoonlike ervarings by gegee.
Orienterings week
Ons het hierdie week mekaar leer ken en self meer oor Sondela uitgevind. Ons het games gespeel en baie oor guiding skills en customer care geleer, elkeen met 'n goeie voorbeeld by natuurlik. Ons het ook op die plaas rond gery en die plaas verken. Ons het selfs aan spanbou gewerk en al moet ek self sê ons het nie te bad gevaar nie.
Tuesday, May 5, 2009
1 Ste Dag
Ons het op die 25ste Januarie Hier aan gekom, waar ons in geskryf is en van ons mede leerders ontmoet het.
Subscribe to:
Posts (Atom)